![]() ![]() Skuus, ek is besig om te babbel, maar net nog dit: Ek dink nie ‘n mens kan te analities wees nie – ek dink ‘n mens moet altyd probeer verstaan hoe dinge is en hoekom dit so is. Maar ek wil terselfdertyd ook sê dat ek wel glo wat die Bybel sê – nie maar net omdat dit die Bybel is wat dit sê nie, maar omdat ek glo dat wat die Bybel sê waar is! En hoe weet ek dat wat in die Bybel geskryf staan waar is, sou jy dalk wil weet… wel, dit is presies wat ons as Christene aan ander behoort te kan verduidelik: nie net wat ons glo nie, maar ook hoekom ons dit glo (dat dit waar is). In ‘n sekere sin wil ek met jou saamstem dat ‘n mens nie sommer iets blindelings moet glo net omdat die Bybel so sê nie. Ek is in elk geval daarvan oortuig dat die Here die eerlike soeker sal beloon. Nie omdat ek dink dat ons noodwendig so slim en oulik is om jou al die antwoorde te gee nie, maar omdat gesprek en saam dink oor dinge, ‘n mens dikwels ten minste in die regte rigting stuur vir ‘n uiteindelik antwoord. En dit sien ek beslis by jou! Ons intellek is tog ‘n baie belangrike deel van wie ons as mense is – en as rasionaliteit ‘n inherente vermoë van die mens is, dan kan dit tog nie in stryd wees met enige ander deel van wat dit beteken om ‘n mens te wees nie! Dit is daarom deel van ons strewe as deel van ‘n bediening soos AntWoord om te wys dat veral die Christelike geloof en verstand mekaar nie per definisie uitsluit soos wat baie (meeste) mense (Christene en nie-Christene) dink nie.ĭus, ek is saam met jou bly dat jy by ons uitgekom het. Of is daar so ‘n kits-antwoord wat hierdie saak vir my sal oopbreek.ĭit is altyd vir my baie lekker om so elke dan en wan met iemand kontak te maak by wie ek kan sien dat sy in haar verhouding met die Here ook wil erns maak met die verstand wat die Here haar gegee het. Jesus se geboorte en Sy kruisiging is vir my die fondament van my Christelike geloof en redding – dit voel vir my asof ek iewers iets mis – ek kan nie net blindelings aangaan omdat die Bybel so sê nie – ek is te analities daarvoor.Įk is baie seker julle het al hierdie vraag beantwoord – gee net vir my ‘n vewysing. En as dit so is – hoekom se die Bybel nie so nie. Is die antwoord ook dat die vrou in die Bybelse tyd nie eintlik geag is nie? Niks word van Maria se geslagregister gelees nie – haar geslagregister moet mos dan eintlik gegee geword het- en sy moes uit die geslag van Dawid gekom het. Hoe kan daar reg deur die Bybel so duidelik voorspel/gesê word dat Jesus uit die geslag van Dawid gebore sal word en dit nie eintlik so bedoel nie en dat dit anders gelees en verstaan moet word! ![]() Of dalk luister ek nie mooi nie en verstaan ek nie mooi nie. En tog word daar menigmaal in die Bybel verwys dat Jesus uit die geslag van Dawid gebore sal word/is en dit is soos wat ons geleer word.Įk vra en gesels met my predikante oor die duidelike weerspreking van feite – dan is daar verskeie antwoorde – van hoe dit moet gelees word – en wat eintlik bedoel word. Dit stel my nie tevrede nie. ![]() Ek is so opgewonde – toevallig op AntWoord afgekom – nee dit is nie toevallig nie – dit was so bedoel. Te oorhaastig en opgewonde om mooi te lees ook – maar ek het tog ‘n groot onduidelikheid. Sê maar as ek nou op die verkeerde plek die verkeerde vraag vra.įEIT: Jesus was nie die bloedseun van Josef nie – dus is hy nie uit die geslag van Dawid gebore nie.
0 Comments
Leave a Reply. |